Chaos by skool na twee leerders sterf

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Leerder het Donderdag by Hoërskool David Makhubo in Kaalfontein gesterf terwyl ‘n gedenkdiens vir ‘n afgestorwe leerder gehou is. Chaos het Vrydag by die skool uitgebreek.

Steve Mabona, woordvoerder vir die departement van onderwys in die provinsie, sê ‘n gedenkdiens is Donderdag vir ‘n gr.10-seun wat weens siekte gesterf het, gehou. Tydens die diens het ‘n gr.12-seun glo op die skoolperseel inmekaargesak. ‘n Ambulans is deur onderwysers ontbied en die ouers van die seun is in kennis gestel. Die leerder het egter gesterf.

Mabona sê die skool het beplan om Vrydagoggend die leerders formeel van die tweede sterfte in te lig. Nog voor die aankondiging gemaak kon word, het van die leerders, oorweldig deur die omstandighede, floutes ervaar. Dit is op video vasgevang en wyd op sosialemediaplatforms gedeel.

Chaos het later die dag ontstaan toe lede van die gemeenskap glo die skoolperseel betree en kos van die nasionale skoolvoedingsprogram en hulpbronne geplunder is. Bestuurslede van die departement was Donderdag en Vrydag op die skoolperseel teenwoordig.

Die polisie ondersoek die omstandighede van die gr.12-leerder se dood.

“We wish to extend our sincerest condolences to the bereaved families following these tragic incidents. Currently, our priority is to provide all necessary support to the learners, staff, and families impacted by these tragedies. Counselling services and other forms of support are being extended to assist the school community during this incredibly difficult time,” sê Matome Chiloane, die LUR van die departement.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief