Covid-19: Minister op soek na MSC Orchestra-passasiers

Lees ook :

Die korona-syfer in Suid-Afrika het volgens die minister van gesondheid op 31 Maart op 1 353 gestaan. Die aantal gevalle het dus ná die laaste aankondiging met 46 gestyg.

Twee Suid-Afrikaanse passasiers van die vakansieboot wat van Durban na die Portugese eilande gereis het, het vroeër positief vir Covid-19 getoets. Volgens dr. Mkhize is daar dus nog moontlike gevalle van Suid-Afrikaners in die Vrystaat en KwaZulu-Natal wat ook op die spesifieke vakansiebote was.

’n Dringende beroep word op persone wat van 28 Februarie tot 2 Maart of van 13 tot 16 Maart op die MSC Orchestra Cruise Liner was, om dadelik met die departement van gesondheid te kontak. “Jy is moontlik met die virus aangesteek. Ons is opsoek na jou,” sê dr. Mkhize.

Verder wil die minister van gesondheid alle Suid-Afrikaners motiveer om aan te hou om riglyne tydens inperking te volg, by die huis te bly en gereeld hande te was.

“As alle Suid-Afrikaners goeie higiëne handhaaf, aanhou om by die huis te bly en met die regering saamwerk, sal ons maklik die verspreiding van die virus stopsit,” sê Mkhize.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App