Brekende Nuus
Afrikaans

Covid-inentings verbind aan skaars hart- en breinsiektes volgens studie

Die studie het gewys daar was ‘n paar skaars voorvalle van inflammasie van die hart geïdentifiseer ná die mense met Pfizer en Moderna se entstowwe ingeënt is.

Covid-inentings verbind aan skaars hart- en breinsiektes volgens studie

fotokrediet: Canva
Covid-inentings verbind aan skaars hart- en breinsiektes volgens studie fotokrediet: Canva

Lees ook: Dodetal in Gaza byna 30 000

‘n Onlangse studie het gewys Covid-inentings is verbind aan skaars hart-, brein- en bloedsiektes. Entstowwe van Pfizer, Moderna en AstraZeneca is in die navorsing gebruik.

99 miljoen mense wat inentings ontvang het in agt verskillende lande was deel van die studie.

Die studie het gewys daar was ‘n paar skaars voorvalle van inflammasie van die hart geïdentifiseer ná die mense met Pfizer en Moderna se entstowwe ingeënt is. Meer mense het probleme ontwikkel ná die tweede Moderna-inenting.

Sommige mense het swelling en irritasie ontwikkel in die dun weefsel wat die hart omring ná die derde AstraZeneca-inenting en spesifieke dosisse van Moderna.

Die risiko om Guillain-Barre-sindroom te ontwikkel, is hoër onder diegene wat die AstraZeneca-dosis ontvang het. Hulle het ook ‘n groter risiko vir bloedklonte. Neurologiese siektes is meer moontlik ná die Moderna- en AstraZeneca inentings.

Kenners het steeds gesê dit is steeds veiliger om die inentings te kry. Daaris bevind die risiko om neurologiese siektes te kry ná ‘n Covid-infeksie is groter as wanneer jy die inenting kry.

Bronne: IOL, Forbes Africa, Bloomberg

Lees ook: Dodetal in Gaza byna 30 000