DA gaan openbare beskermer toe met Prasa-‘miljardrand-skandaal’

Lees ook :

Foto: PRASA

GAUTENG. – Die Demokratiese Alliansie (DA) gaan vandag ’n klag teen die passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) vir beweerde wanbesteding van belastinggeld by die nasionale kantoor van die openbare beskermer indien.

Die klagte volg nadat oorsig-inspeksiebesoeke by Prasa-persele gedoen is en bewyse van ’n R3,5 miljard-skandaal aan die lig gekom het. Die geld is openbare belastinggeld wat glo misbruik en verkeerd bestee is.

Thambi Mabhena, die DA se adjunkwoordvoerder van vervoer, sal die klag om 13:00 by die openbare beskermer se kantoor in Lunnonstraat 175, Hillcrest Office Park, Pretoria, aanhangig maak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief