Daggabesending van meer as R3 m. onderskep

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – Polisielede van Burgersfort het Vrydagnag ‘n daggabesending van meer as R3 m. onderskep wat in ‘n Toyota Hilux-bakkie op die R37 vervoer is.

Kol. Malesela Ledwaba sê die voertuig is vanaf Lydenburg in Mpumalanga in ‘n roetine-padblokkade met die polisie en plaaslike plaaswag gestop. Die bestuurder het weggejaag met die polisie op sy hakke. Die verdagte het die bakkie tot stilstand gebring en te voet gevlug.

Altesaam 13 bale dagga en 46 geseëlde sakke dagga met ‘n gewig van 711 kg is in die bakkie gevind. Beslag is op die dagga en die bakkie gelê.

Ledwaba sê die polisie is op die verdagte se spoor en enigiemand met inligting kan sers. Tony Mootan by 083 787 3005 of alternatiewelik 082 817 6330 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief