WES-KAAP. – Die Deveney Nel-moordsaak is tot 3 Januaure 2025 in die Caledon-landdroshof uitgestel, sodat die tienerverdagte waarneming in Valkenberg Psigiatriese Hospitaal kan ondergaan.
Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê die tiener is nommer 64 op die lys vir plasing in die hospitaal.
Deveney Nel, ‘n gr. 10-leerder, het op 7 Augustus, nie ná haar skool se sportwedstryde vir haar geleentheid huis toe opgedaag nie. Sy is as vermis aangemeld, waarna haar liggaam die betrokke Woensdag op die skoolperseel in ‘n stoorkamer gevind is. Die skool was die volgende dag as ‘n aktiewe misdaadtoneel gesluit en haar moord is ondersoek, waarna ‘n tienerseun gearresteer is.





