GAUTENG. – Megan Wallace, ‘n gr. 11-leerder van Hoërskool Dr. Malan in Meyerton, se afsterwe na ‘n kort siekbed word wyd betreur.
Huldeblyke stroom in vir Megan, wat deur almal as goed opgevoed en gelief beskryf word. Verskeie hoër- en laerskole het met haar gesin, vriendekring en Dokkies simpatie betuig nadat die skool haar afsterwe op sosiale media bekendgemaak het. Megan is vir longontsteking behandel, waarna haar toestand versleg en sy gesterf het.
Del Arte Eisteddfod het soos volg medelye betoon: “Namens die Del Arte Eisteddfod Wil ons graag 2024 opdra aan een van ons Talentvolste Deelnemers. Megan het haar Laerskool, Hoërskool, drama- en modelskool met trots verteenwoordig by ons Del Arte oor die jare. Ons gaan jou beslis mis en jou plekkie gaan leeg wees.
Ons dink aan haar mamma Tanya, pappa Robbie, klein Rochelle en ouma. Mag julle vertroosting vind in hierdie moeilike tyd. Die Del Arte gaan jou mis.”
Talent Africa het die volgende boodskap gedeel: “It is with great sadness that we share the sudden passing of a former Talent Africa Alumni – Megan Wallace. She was a bright light and stood tall amongst all. She was filled to the brim with talent and love for her fellow performers. We offer our condolences to her family, friends and loved ones in this time.
May the Lord bless her and her family. All our love, Talent Africa ![]()
Anke van der Schyff, ‘n professionele fotograaf sê: “… ek het nie die regte woorde nie. My hart verstaan nie en ek is seker joune ook nie. Ons ken nie altyd God se plan in die lewe nie en hierdie voel vir my nog onwerklik. Elke fotosessie saam met julle was altyd baie spesiaal en so mooi! Jy het so ‘n voorbeeldige kind grootgemaak. Dis ‘n eer om haar te kon afneem. Maar my hart is stukkend vanaand.
Die hele dag nog vermy my gedagtes van hierdie skok, want dis so erg, maar dan maak ek FB oop en sien so baie boodskappe. Megan was so geliefd vir wie sy was. Ek het al honderde boodskappe gelees, want almal het haar net gelove. Ek is so jammer julle gaan deur hierdie tyd en ek bid dat die Here jul harte kalm en stil sal maak. Jy het haar geleer van God so ek weet vandag waar sy is. Mag julle krag ontvang vir die volgende dae. Ek is uit my hart uit so jammer.
Baie liefde. Rus sag liefste Megan. Groot drukkie ook vir Rochellie. ![]()
![]()
![]()
“


Bronne: Hoërskool Dr. Malan, Facebook en Vaalweekblad





