Donald Trump stuur nasionale wag na Washington, gaan polisie oorneem

Lees ook :

Donald Trump stuur nasionale wag na Washington, gaan polisie oorneem fotokrediet: X

WASHINGTON, VSA. – Die Amerikaanse president, Donald Trump, het aangekondig hy gaan die nasionale wag na Washington stuur en het gesê hy gaan beheer van Washington se polisie neem.

Lees ook: Donald Trump eis haweloses moet ‘onmiddellik’ uit Washington DC trek

Trump het gesê daar is ’n “openbare veiligheidsnood” in Washington en het 800 nasionale wagte na die stad gestuur. Hy het beweer die “dit word ’n situasie van totale wetteloosheid”.

Die Washingtonse burgemeester Muriel Bowser het Trump se bewerings oor misdaad in Washington verwerp en gesê daar was wel in 2023 meer misdaad, maar die syfer het gedaal het en gewelddadige misdaad in die stad die laagste is wat dit in 30 jaar was.

Bowser het kommer uitgespreek oor Trump se bevel oor die nasionale wag en die oorname van die polisiedepartement.

Trump het beweer Washington is “deur gewelddadige bendes en bloeddorstige kriminele oorgeneem” en ook “deur bedwelmde maniakke en hawelose mense”. Hy het gesê: “Ons vat ons hoofstad terug”.

Bronne: BBC, CBS News, USA Today

Lees ook: Donald Trump eis haweloses moet ‘onmiddellik’ uit Washington DC trek

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief