Dood en beserings toe ambulans met vragmotor bots

Lees ook :

Foto: Midlands EMS

KWAZULU-NATAL. – Twee persone is dood en nog persone kritiek beseer toe ‘n ambulans wat kankerpasiënte vervoer en ‘n vragmotor vanoggend in ‘n ongeluk op die N3 betrokke was.

Midlands EMS sê die ongeluk het tussen Cedara en Merrivale in die suidelike baan gebeur. ‘n Persoon wat in die wrak vasgekeer was, het gevorderde lewensondersteunende behandeling benodig en is reeds op die toneel aan ‘n ventilator gekoppel.

Twee persone is op die toneel dood verklaar. Al die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na hospitale vervoer is.

Owerhede was op die toneel teenwoordig.

Mi7 National Group sê die ongeveer 10 pasiënte wat in die ambulans was, is kankerpasiënte wat na Grey-hospitaal vervoer is om chemoterapie te kry. Die ambulans het glo met die vragmotor gebots. Agt persone is beseer.

Foto: Midlands EMS

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief