Drie jong mans sterf buite moskee aan skietwonde

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Drie persone het Saterdagaand gesterf toe daar omstreeks 21:00 vanuit ‘n voertuig op ‘n groep jong mans buite ‘n moskee in Uitbreiding 1, Eldorado Park, geskiet is.

Kapt. Tintswalo Sibeko, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits na bewering het drie verdagte mans in ’n wit Audi op ’n groep van nege jong mans geskiet wat buite ‘n moskee gestaan het. Drie mans is noodlottig gewond en een is met beserings na ‘n hospitaal gehaas.

Die motief agter die voorval is tans onbekend.

“Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom en die ondersoek te help.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief