Anneke Rossouw, Anneke Kruger en Forbie Klindt het net na 12:00 op 12 Maart 2019 al drie hulle hare afgeskeer ten bate van die Anneke Rossouw-fonds.
“Dankie Kimberley vir al julle hulp met Anneke se behandelings, ons is op nommer 7, ons kort nog R7700. Ek het my kant van die ooreenkoms nagekom. Daarom vra ek vir die persone wat belowe het om ‘n R100 bydrae te maak om by hulle woord te hou,” sê Anneke Kruger.