Drie tieners tydens studie doodgeskiet – verdagte verskyn in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Vier tieners tussen die ouderdomme van 17 en 19 jaar oud is Sondagaand, omstreeks 22:00 in ‘n buitegebou in Mdantsane NU1 geskiet, waarna drie oorlede is.

Kol. Priscilla Naidu sê na bewering het die eienaar van die huis skote gehoor van waar die jong mense gesit en studeer het. Een van dié wat beseer is, het vir hulp na die huis gehardloop. Een van hulle is op die toneel dood terwyl twee in die hospitaal oorlede is. Die gewonde tiener sterk steeds in die hospitaal aan.

Die leerders is onderskeidelik van die Senior Sekondêre Skool Buchule en die Senior Sekondêre Skool Mzomhle in die gebied waar die misdaad gebeur het.

Die motief vir die voorval, asook drie moorde en ‘n poging tot moord is deur die polisie ondersoek.

Siphelele Jako (32) is Maandag in hegtenis geneem en het gister in die Mdantsane-landdroshof verskyn. Die saak is tot 6 Februarie 2024 uitgestel terwyl Jako in aanhouding bly.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief