VK. – Sowat 3 000 mense het Johnson&Johnson gedagvaar oor bewerings dat daar asbestos in hulle babapoeier was wat ‘n kankerrisiko ingehou het.
Lees ook: Man beweer ma is dood na sy Johnson & Johnson se babapoeier gebruik
Daar word beweer Johnson&Johnson het die babapoeier verkoop wetende dat dit met asbestos besmet is. Volgens die dagvaarding het Johnson&Johnson sedert die 1960’s geweet daar is asbestos en giftige stowwe in die babapoeier wat moontlik met dodelike kanker verband hou, maar nie waarskuwings op die verpakking gesit nie en dit as ‘n simbool van veiligheid bemark.
Johnson&Johnson het die aantygings dat dit geweet het die babapoeier is besmet, ontken. Die maatskappy het gesê die babapoeier “het voldoen aan enige vereiste regulatoriese standaarde, het nie asbestos bevat nie en veroorsaak nie kanker nie”.
Johnson&Johnson is ook in die VSA oor die babapoeier gedagvaar.
Bronne: BBC, The Independent, Sky News
Lees ook: Man beweer ma is dood na sy Johnson & Johnson se babapoeier gebruik