Dwaal in Kaapstad en besoek One Thibault

Lees ook :

Local is lekker – so word plaaslike inwoners aangemoedig om ‘n toeris in hulle eie omgewings te wees.

Dwaal en ervaar jou stad soos die toeris. Maak sommer ‘n heerlike uitstappie daarvan en kry ‘n holte vir jou voete vir ‘n oornag kuier.

Die bekende One Thibault is die tweede hoogste gebou in Kaapstad en is in 1972 voltooi.

One Thibault, ‘n 35-verdieping beton-toringgebou was voorheen bekend as die BP-sentrum, Standard Bank-, Eskom- en LG-geboue en bied hotelstyl-leefruimte vir sake-, konferensie-, korporatiewe en ontspanningsreisigers.

Die sentrale ligging van die gebou, in Hans Strijdomlaan, bied pragtige uitsigte oor Tafelberg en die Atlantiese Oseaan. Maklike toegang tot die lewendige stad maak die 260 selfsorgwoonstelle ’n ideale keuse vir dié wat op soek is na ’n gemaklike en skilderagtige verblyf in Kaapstad.

“Die gebou het ’n groot rol in meeste Kaapenaars se lewens gespeel,” sê Charlene van Zyl, Direkteur van Verkope en Bemarking.

Die gebou het ’n kenmerkende voorkoms en speel ’n belangrike rol in Kaapstad se postmoderne ontwikkelingsera, wat dit erkenning as ’n erfenisterrein besorg het.

Die unieke oriëntasie van One Thibault Hotel beteken dat geen van die woonstelle reguit in die fasades van omliggende geboue uitkyk nie. Hierdie benadering bewaar nie net die gebou se historiese betekenis nie, maar strook ook met volhoubare ontwikkelingspraktyke en weerspieël ’n verbintenis tot beide volhoubaarheid en die bewaring van argitektoniese erfenis.

Die naam Thibault, ’n woord van Franse oorsprong, dra ’n sterk nalatenskap. Dit vertaal min of meer na ‘dapper of moedige mense’. Een van die bekendste draers van die naam was Thibault IV van Champagne.

One Thibault se status as ’n baken in Kaapstad bied beide solo- en groepreisigers die ideale opsie wanneer akkommodasie in Kaapstad oorweeg word. Van Zyl sê hulle neem veiligheid en sekuriteit baie ernstig op.

“Ons het ’n maklike vloei van die parkeerarea na die voorportaal en dan na jou woonstel,” verduidelik Van Zyl.


Op die eerste oogopslag sal die reisiger se aandag getrek word deur One Thibault se ligging en onvergeetlike uitsigte. Die gebou is naby hoofweë en openbare vervoer geleë, binne loopafstand van die CTICC, en naby ’n MyCiTi-bushalte.

One Thibault Hotel in Kaapstad bied ’n verskeidenheid geriewe wat ontwerp is om jou verblyf te verryk. Van daaglikse huishouding tot ’n 24-uur ontvangsdienstoonbank – gaste kan ’n hoë vlak van diens en fasiliteite verwag. ’n Ten volle toegeruste kombuis met vlekvryestaaltoestelle sal jou dadelik tuis laat voel. Professionele wasgoed- en/of droogskoonmaakdienste is opsioneel en kan op versoek gereël word. Daarbenewens bied One Thibault Hotel ’n volledige reeks portierdienste.

Vir die dwaler verwelkom ‘n heerlike bederfpakkie, ‘n beginpakket met Charlotte Rhys-produkte by inklok jou. Die woonstelle is voorsien van premium beddegoed en handdoeke.

Kies die opsie om ontbyt by die opwindende nuwe toevoeging tot die gewilde One Thibault Hotel, The Annex, te geniet. The Annex is’n pragtige ruimte wat veel meer as net ontbyt en middagete aan gaste bied wat by One Thibault Hotel tuisgaan.The Annex is ook vir die publiek beskikbaar. Meld aan by die ontvangs en jy is op pad — een verdieping op neem jou na die ingang van The Annex. Hier wag ’n vriendelike glimlag in ’n stylvol en sorgvuldig ingerigte ruimte.The Annex funksioneer as ’n restaurant en koffiewinkel, maar bied ook ’n ruim konferensie- en geleentheidslokaal en kan tussen 20 en 200 mense akkommodeer.

One Thibault Hotel het ’n ryk geskiedenis en is ’n gewilde Kaapstad-ervaring. Die hotel bied afslagseisoenale tariewe en verwelkom ook buigsame langtermynverblyf van tot ses maande, met ’n kennisgewingstydperk van 30 dae.

Van Zyl sluit af: “Ons hou daarvan om plaaslike gaste te ontvang, en ons wil hê almal moet dit kom probeer.”

Kaapstad, die Hollywood van Suid-Afrika, is vroeër vanjaar deur die Britse media- en gasvryheidsmatskappy as die beste stad in die wereld vir 2025 aangewys.

Maak jou besoek aan Kaapstad ’n onvergeetlike ervaring deur die One Thibault te besoek.

https://www.inthecity.co.za

Dwaal-groete
Annette

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief