GAUTENG. – Die polisie het Woensdagaand dwelms ter waarde van R300 m. by ‘n huis in Fourways onderskep. ‘n Sakeman wat ontvoer is, is ook gered.
Brig. Athlenda Mathe sê inligting wat ontvang is, het ‘n multidissiplinêre span na ‘n hotel in East Gate en twee woonstelle in Fourways gelei. Crystal meth met ‘n waarde van R300 m. is ontdek, waarna ses verdagtes in hegtenis geneem is.
‘n Sakeman is op 5 Julie by ‘n moskee in Helderkruin, in Roodepoort, ontvoer en is by ‘n huis in Lenasia ontset. Die teen-ontvoeringstaakspan het verlede week die eerste twee verdagtes vasgetrek. Agt verdagtes, waarvan drie Tanzaniese burgers, is vir die ontvoering in Johannesburg in hegtenis geneem.
Genl. Fannie Masemola, die nasionale kommissaris van polisie, lt.genl. Shadrack Sibiya, die adjunk- nasionale kommissaris vir misdaadopsporing en lt.genl. Tommy Mthombeni, die provinsiale polisiekommissaris van Gauteng, het die toneel besoek.

Foto: SAPD