‘Dwelmsindikaat’ van ses gearresteer

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Die polisie in Pretoria het Dinsdag ses verdagtes wat glo onwettige steroïde, geskeduleerde medisyne, stimulante en ander prestasieverbeterende middels aanlyn verkoop het, gearresteer.

Kol. Amanda van Wyk sê die drie mans en drie vroue is op verskeie plekke in Pretoria op aanklagte van die oortreding van die wet op dwelms en dwelmhandel, asook die wet op medisyne en verwante stowwe, en die wet op vervalste goedere, vasgetrek. ‘n Ondersoek deur verskeie eenhede het tot die deurbraak gelei.

Die produkte, wat vervalste en onwettige prestasieverbeterende middels, geskeduleerde medisyne, steroïde en stimulante insluit, is glo op ‘n webtuiste verkoop. Forensiese ontleding het getoon die produkte bevat verbode middels. ‘n “Vetverbrander” wat verkoop is bevat dimethylphenethylamine, ‘n isomeer van metamfetamien wat in die algemeen as crystal meth of tik bekend staan.

Van Wyk bevestig daar is op die middels, asook elektroniese toestelle, beslag gelê. Die verdagtes sal na verwagting later die week in die hof verskyn. Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief