‘Dwelmsmokkelaar’ met kokaïen ter waarde van R4.2 m. op lughawe vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – ’n Vermeende dwelmsmokkelaar (25) is vanoggend (Dinsdag) by die OR Tambo Internasionale Lughawe (Ortia) in hegtenis geneem. Die verdagte het vanaf São Paulo, Brasilië via Doha, Katar, in die land aangekom.

Lt.kol. Amanda van Wyk, nasionale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring verskeie eenhede van die polisie, grensbestuursowerheid (BMA) en privaat veiligheidsmaatskappy het die verdagte kort ná landing suksesvol geïdentifiseer en onderskep. ’n Deursoeking van die verdagte se bagasie het gelei tot die beslaglegging van sowat 10 kg kokaïen met ’n geskatte straatwaarde van R4.2 miljoen. Die verdagte is ook vir ’n mediese ondersoek geneem om vas te stel of kokaïen-gevulde kapsules moontlik ingesluk is.

Volgens Van Wyk is meer as 25 verdagtes sedert die begin van die jaar by Ortia oor dwelmsmokkelary in hegtenis geneem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief