Wanneer jy deesdae wil lag, hoef jy nie ver te soek nie. Mel die Storieverteller sien die humor inl bykans elke situasie raak. Dit is juis haar natuurlike liefde vir komedie en vermaak wat haar geïnspireer het om ’n loopbaan in die vermaaklikheidsbedryf te volg.
Haar uitkyk op haar beroep het handomkeer verander nadat sy op 21-jarige ouderdom die boek Screw work, let’s play deur John Williams op ’n treinstasie in Skotland gekoop het.
Volgens haar help die herinnering dat sy net mens is om haar nederig te hou. “Ek moet myself nou nog knyp wanneer hordes mense aangery kom vir my shows.”
Sy werk tans aan ’n spesiale vertoning saam met ’n baie bekende Afrikaanse sangeres, asook aan ’n boek vir volwassenes.
Op dié stadium is haar persoonlike en professionele lewe baie nou verweef omdat sy baie van haar persoonlike lewe op sosiale media deel. “Ek weerhou wel sekere inligting van die publiek. Maar wie ek in my persoonlike lewe is, is wie ek in my professionele lewe is – nie sonder foute nie. Ek kan dit nie regtig fake nie.”
Vir so lank as wat sy doen wat sy doen, sal sy probeer om ’n opkikker vir mense te wees. “Almal se ondersteuning het my lewe verander.”
Mel se nuwe vertoning Dik deurmekaar kan nou bespreek word.
Vir meer inligting bespreek haar bladsye op Facebook, Instagram en TikTok.






