EMPD – geskorste adjunkhoof en munisipale bestuurder kry borgtog

Lees ook :

Foto's: Thabiso Mrmayor Sithole

GAUTENG. – Julius Mkhanazi, die geskorste Ekurhuleni-metropolisie se adjunkhoof en Kagiso Lerutla, die munisipale bestuurder, is elk R30 000 borg in die Boksburg-landdroshof toegestaan. Die NVG sê daar word van die besluit kennis geneem en dat die twee aan sekere vereistes voldoen het om borg te kan kry en voorwaardes moet nakom.

Kaizer Kganyago, NVG-woordvoerder, sê die staat beweer dat die twee in 2019 saamgewerk het om hofverrigtinge te ontduik nadat Lerutla vir ‘n spoedoortreding in hegtenis geneem is en in die hof moes verskyn. Die staat voer aan dat ’n derde party glo gereël en betaal is om in die hof in Lerutla se plek te verskyn terwyl hy ’n werksonderhoud bygewoon het. Daar is glo ook vals dokumentasie met sy besonderhede ingedien. Hulle staan tereg op aanklagte van korrupsie, bedrog en verydeling van die gereg.

Die staat het borgtog teengestaan weens kommer oor moontlike inmenging met getuies en die ondersoek, maar die hof het steeds borgtog toegestaan. Die saak is deur die hof tot 13 Mei uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief