Facebook-reeksverkragter swaar gevonnis

Lees ook :

Foto: NVG

LIMPOPO. – Ronny Maluleke (36), ‘n verkragter wat van sy slagoffers op Facebook gelok het, is deur die Polokwane-hooggeregshof tot 98 jaar direkte tronkstraf gevonnis vir twee aanklagte van inbraak met die doel om te verkrag en 12 aanklagte van roof met verswarende omstandighede.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder vir die NVG, sê Maluleke het skuldig gepleit en in sy verklaring gesê hy het snags die slagoffers se huise betree, hulle gedreig, beroof en daarna verkrag. Hy het ook ‘n Facebook-blad geskep waarin hy slagoffers van Johannesburg, Alexandra, Mokopane, Oos-Kaap en Gwaqwa met vals advertering van ‘n werksgeleentheid gelok het.

“Met hul aankoms in Tzaneen sou hy hulle met ‘n mes en ‘n vuurwapen dreig, voordat hy hulle verkrag het. Hy sou hulle dan van besittings soos geld, selfone en ander waardevolle besittings beroof. Hy is later by ‘n hospitaal in hegtenis geneem nadat een van die slagoffers hom met ‘n vuurwapen waarmee hy haar gedreig het, in die been geskiet.”

Malabi-Dzhangi sê adv. Muneiwa Ratshibvumo vir die staat het aan die hof voorgehou Maluleke het van kwesbare vroue op soek na ‘n werksgeleentheid misbruik gemaak, hulle beroof, hulle lewens vernietig en hulle waardigheid geskend. Sy het afgesluit deur te sê Maluleke het die slagoffers se vertroue wat hulle in mans gehad het, vernietig.

Regter Ephraim Magoba het tydens vonnisoplegging die opmerking gemaak dat Maluleke die misdade oor ‘n lang tydperk gepleeg het en gesê ‘n lewenslange tronkstraf sal gepas wees. Maluleke is 98 jaar direkte tronkstraf opgelê.

Die NVG het die vonnis verwelkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief