Familielid van Jayden-Lee Meek in hegtenis op aanklag van moord

Lees ook :

Foto: Op lêer

GAUTENG. – ’n Vroulike naasbestaande (31) van Jayden-Lee Meek is Vrydagoggend ná ’n uitgebreide ondersoek deur Florida-speurders met bystand van die provinsiale ondersoek- en opsporingseenheid in hegtenis geneem.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits Jayden-Lee Meek is in Mei deur sy ma as vermis aangemeld en is later bewusteloos op die trappe van die Fleurhof-woonstel, waar hy gewoon het, aangetref. Hy is later in die hospitaal dood verklaar.

’n Saak van moord is geopen en die ondersoek het tot die inhegtenisneming van die vrou gelei. Sy sal Maandag op aanklag van moord in die Roodepoort-landdroshof voorkom.

Polisie-ondersoeke duur voort.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief