FLORIDA, VSA. – Die bekende Australiese akteur, Julian McMahon, is in die ouderdom van 56 oorlede ná ’n stryd teen kanker.
Lees ook: Kill Bill-akteur Michael Madsen oorlede
Sy vrou, Kelly McMahon, het in ’n verklaring aan Deadline gesê Julian is Woensdag in sy huis in Clearwater, Florida, oorlede ná ’n stryd teen kanker. Kelly het gevra vir privaatheid vir hulle gesin om te rou.
Julian McMahon was veral bekend vir sy rolle in Fantastic Four en in die televisiereeks Charmed.
Bronne: ABC News, New York Post, Sky News Australia
Lees ook: Kill Bill-akteur Michael Madsen oorlede





