Die passasier wat op 26 Desember chaos op ‘n FlySafair-vlug van Durban na Kaapstad veroorsaak het, sal volgens die lugredery nie weer van hul dienste gebruik kan maak nie.
Kirby Gordon, die hoof- bemarkingsbeampte van FlySafair, sê aan Nuusflits enige soortgelyke gedrag word ten sterkste veroordeel.
“Lugwaardinne het ‘n primêre plig as veiligheidsbeamptes en inmenging met hul pligte is ‘n kriminele oortreding. Hierdie passasier sal op ons nie-vlieg-lys geplaas word en sal nie welkom wees op toekomstige FlySafair-vlugte nie.”
Die passasier is deur verskeie sosialemediaplasings as Nobs Mihize, ‘n werknemer van die SAUK, geïdentifiseer. Die SAUK het ‘n verklaring uitgereik en gesê interne prosedures sal met die werknemer gevolg word. Die ANC het ook die insident in ‘n vrygestelde verklaring veroordeel. Beide verklarings kan onder aan die berig gelees word.
Sien beeldmateriaal van die insident soos voorheen hier onder berig is:







