Gebrande liggaam sonder voete gevind

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Die onherkenbare verbrande liggaam van ‘n persoon is Dinsdagmiddag in Crescent Place in Brindhaven deur ‘n verbyganger ontdek.

Reaction Unit South Africa sê ‘n man en vrou wat na ‘n huurperseel gesoek het, is deur die verbyganger wat die gru-ontdekking gemaak het daaroor ingelig. ‘n Rusa-lid is omstreeks 15:00 deur die vrou voorgekeer.

Rusa sê verskeie beamptes is ontbied, waarna die liggaam van ‘n volwasse man teëgekom is. Hy het op sy rug, met sy gesig na bo, met beide voete vermis, gelê. Volgens Rusa het dit gelyk asof stukke hout tussen die arms en liggaam geplaas is om die liggaam aan die brand te steek.

“Die bos het as gevolg daarvan aan die brand geslaan en vir honderde meters gebrand.”

Met ‘n soektog in die area het reaksiebeamptes een van die vermiste voete naby die liggaam gevind.

Foto: Reaction Unit South Africa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief