Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
‘n Man (37) is Sondag doodgeskiet tydens ‘n roof by sy huis op George. Twee verdagtes met balaklawas, gewapen met ‘n vuurwapen en mes, het glo by die woning ingegaan kort na beurtkrag begin het.
Hulle het na bewering die man se vrou met die vuurwapen gedreig en geld, selfone en die sleutel vir die kluis geëis.
Die verdagtes het glo ook die man se ouers se kamer deursoek, waarna die man en verdagtes in ‘n alterkasie betrokke was.
Die polisiewoordvoerder, Malcom Pojie, het gesê ‘n skoot het afgegaan en die man is in die gesig getref. Hy is later op die toneel dood verklaar.
Die verdagtes is glo Maandag in Parkdene in hegtenis geneem. ‘n Skootrekenaar en selfone is in hulle besit gevind.
Die verdagtes word aangekla van die besit van gesteelde goedere. Nog aanklagtes sal na verwagting bykom soos die ondersoek aangaan.
Bronne: IOL, Algoa FM, Flipboard
Lees ook: Toeris wat sterf in valskermsweefongeluk identifiseer as Munster-rugbyafrigter





