Gesin, waarvan drie kinders, sterf in huisbrand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Familie van vyf is vanoggend vroeg in ‘n huisbrand in Jackstraat, Missionvale, dood.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê Algoa Park-polisielede is omstreeks 00:30 na ‘n klagte van ‘n huis wat brand. Met aankoms was die huis in vlamme gehul. Nadat die vlamme geblus is, is die liggame van twee volwassenes en drie kinders gevind.

Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.

“Die oorsaak van die brand is op die oomblik onbekend, maar die ondersoek is aan die gang.”

Gemene spel word nie vermoed nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief