UPINGTON – Mase Manopole, LUR van gesondheid in die Noord-Kaap, het praktiese gesondheidswenke teen die bekamping van Covid-19 aan inwoners van Upington gegee.
Manopole sê die beste manier om die verspreiding van dié virus te voorkom, is deur sosiale distansiëring toe te pas. Moenie onnodig reis of sosialiseer nie, maan sy.
Manopole sê dit is noodsaaklik om goeie persoonlike en huishoudelike higiëne te handhaaf deur gereeld hande te was en oppervlaktes en gereedskap skoon te hou.