Gewelddadige plaasaanval – bejaarde vrou sterf, man ernstig beseer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

REIVILO, NOORDWES. – Alida Clapton (68) is dood en Frik Clapton (77), haar man, ernstig beseer tydens ‘n plaasaanval Vrydagoggend op die plaas Sekhtsane, ongeveer 20 km van Revilo in Kuruman se rigting.

Kapt. Aafje Botma sê dis nog onbekend presies wanneer die moord en huisroof plaasgevind het. Die polisie is besig met ‘n ondersoek.

Die voorman op die plaas het gisteroggend op die grusame toneel afgekom, waarna die polisie ontbied is. Alida Clapton is met vasgebinde hande en voete in die gang gevind. Sy is aangerand en het aan haar beserings gesterf.

Die manlike slagoffer is ook met vasgebinde voete en hande op die bed gevind. Hy was erg aangerand en is vir mediese hulp na ‘n hospitaal geneem.

Botma sê ‘n onbekende aantal verdagtes het deur ‘n gebreekte venster en diefwering toegang tot die huis verkry.

Die verdagtes het met vuurwapens en selfone in die Ford Ranger-bakkie wat hulle gesteel het in die rigting van Kuruman gevlug. Die bakkie is later in die area gevind.

Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief