MPUMALANGA. – Grenspolisielede het Mancoba Bongi Dlamini (27) en Siyabonga Thusi (24), burgers van die koninkryk van Eswatini, Saterdag op die R570 met ‘n bakkie wat in Januarie in Bolobedu as gesteel aangemeld is, betrap.
Kol. Donald Mdhluli sê die verdagtes, onderskeidelik 24 en 27 jaar, het tussen Jeppes Reef en Malelane gery toe hulle deur grenspolisie wat met roetine-patrollie besig was, voorgekeer is. Die voertuig het verdag voorgekom en het met inligting van ‘n bakkie wat in Limpopo gesteel is, ooreengekom.
Die verdagtes het Maandag vlugtig in die Nkomazi-landdroshof verskyn en het in aanhouding gebly tot die saak weer vandag voorkom.
Meer klagtes kan moontlik met die vordering van die ondersoek bygevoeg word.





