OOS-KAAP. – ‘n Greyhound-langafstandbus het Maandagaand op die N10 tussen Cradock en Cookhouse gerol.
Die Oos-Kaapse departement van vervoer sê die bestuurder van die bus het in die nat weersomstandighede en gladde pad beheer oor die bus verloor voor dit van die pad af geloop en gerol het.
Deur vinnige optrede is geen noodlottige beserings onder die 33 insittendes aangemeld nie. Drie passasiers is ernstig en 11 gering beseer. Die beseerdes is na die Andries Vosloo-hospitaal vervoer. Die res van die insittendes is op die toneel behandel, maar het nie hospitalisasie nodig gehad nie.
Xolila Nqatha, die LUR vir verkeer in die provinsie, het die vinnige reaksie om lewens te red, geprys.





