Groot nuus – FiND iT se nuwe webwerf

Lees ook :

Die tyd het gekom om die nuus met ons lesers te deel!

FiND iT het uit sy babaskoene gegroei en word nou die nuwe, bygewerkte, moderne nuusflits.com.

Die rede vir dié oorgang is om Afrikaanse nuus geriefliker, met meer mening en groter reikwydte aan ons lesers te bring.

Jana Grobbelaar, redakteur van FiND iT en ook die nuwe Nuusflits, sê die besluit is nie ligtelik geneem nie.

“Ons voel al lank dat ons ’n groter Afrikaanse mark bedien en met ’n Engelse naam was dit vir van ons lesers verwarrend. Met die oorgang na die nuwe tuiste, sal niks vir jou as leser verander nie. Ons het, saam met ’n fantastiese en hoogs gekwalifiseerde tegniese span, asook medewerkers, hard gewerk om dié oorgang so glad as moontlik te bewerkstellig.”

Grobbelaar sê die nuwe webtuiste sal meer lesers kan hanteer, vinniger laai, ’n beter ervaring skep, gerieflike navigasie bied en daar word ook nuwe, innoverende bywerkings beplan wat mettertyd aan lesers bekendgestel sal word.

“Ons hoop jy geniet die ervaring net so baie soos ons geniet het om dit vir jou te skep!”

Sluit hier aan by die WhatsApp-kanaal om niks te mis nie! Klik hier.

Vir navrae, kontak:

Redaksie: nuus@nuusflits.com

Advertensies: advertensies@nuusflits.com

Redakteur: jana@nuusflits.com

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App