Morgan Ferrar (46) van Honeydew word sedert 2 Julie 2023 vermis, toe hy ‘n vriend met sy swart Navara-bakkie, met registrasienommer TYB 736 GP, in Pretoria gaan aflaai het.
Ferrar was in ‘n geruite knoophemp, blou denimbroek en bruin Bronx-skoene geklee.
Hy is kort, het blou oë en kort donkerbruin hare, prominente ore en weeg 70 kg.
Uitkenbare merke is littekens op sy vingers en maag en tatoes op sy linkerskouer van ‘n onvoltooide stamgebonde tatoe (tribal).
Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan met volgende nommers bel:
Honeydew-SAPD – 011 801 8400 of Stop Misdaad by 08600 10111
Pink Ladies-organisasie – 072 214 7439 of 083 378 4882
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: