WES-KAAP. – Die polisie vra hulp om vier oorledenes deur digitale gesigskonstruksie te identifiseer.
AO Joseph Swartbooi sê ‘n gesamentlike projek is tussen die polisie en gesondheidsdepartement se forensiese patologiese dienste geloods in ‘n poging om oorledenes deur identikits met digitale gesigskonstruksie te identifiseer.
Die vier persone se liggame is tussen 2020 en 2022 onderskeidelik in Philippi Oos, Mitchell’s Plein en Lentegeur ontdek.
Enigiemand met inligting oor wie die oorledenes op die identikits is, word versoek om sers. Yolande van der Merwe op 082 411 3808 te bel.





