Help polisie om persoon van belang op te spoor

Lees ook :

Foto: SAPD

WES-KAAP. – Die teen-bende-eenheid van die polisie doen ‘n beroep op die publiek om te help om Dayaan Fataar, ‘n persoon van belang in ‘n ondersoek, op te spoor. Dit volg nadat vuurwapens en ammunisie by ’n huis in Weltevreden Valley, Mitchells Plain, gevind is.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die polisie het op 1 September inligting ontvang van vuuwapens wat by dié perseel gestoor word. Die inligting is opgevolg en het tot die ontdekking van ‘n arsenaal onwettige vuurwapens en ammunisie, in koelbokse en kluise weggesteek, by ‘n huis in Oakweg gelei. Die persoon wat die huis gehuur het, kon nie opgespoor word nie.

Enigiemand wat weet waar Fataar hom bevind, kan speur.kol. Bonginkosi Libala by 082 411 2042, of speur.sers. Kevin Kok by 071 673 1768 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief