Hilton Pretorius oorlede na aanranding in parkeerarea vroeër vandeesmaand

Lees ook :

Foto's: Hilton Pretorius BackaBuddy en skermgreep video anoniem

Hilton Pretorius (32), wie op 3 September, 2023, in Doornkruin in ‘n parkeerarea aangerand is, is oorlede.

Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT bevestig Pretorius is vanoggend oorlede. Pretorius is na die aanval in die hospitaal opgeneem en onder sedasie gehou. Hy het ‘n gekraakte skedel en breinbloeding in die aanval opgedoen.

Myburgh sê die klagte teen Wernich Botha (33) word nou na moord verander. Botha het op 7 September, 2023, op klagtes van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer in die Klerksdorp-landdroshof verskyn. Hy is op borgtog van R2000 vrygelaat en moet weer op 19 Oktober in die hof verskyn.

‘n Video van die aanranding is wyd op sosiale media gedeel. Hier is dit op FiND iT.

Pretorius is die slagoffer wat eerste in die grafiese video geslaan is.

‘n Tweede slagoffer (44) wat steke in sy agterkop, ‘n skouerbesering en harsingskudding opgedoen het, het ook ‘n kriminele klag gelê.

In beide die video’s wat deur FiND iT gedeel was, kan gesien word hoe Botha na die “aanrandings” by beide slagoffers hurk en hulle op hulle sye draai terwyl omstanders hom beveel om pad te gee.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief