SUID-AFRIKA. – Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ’n hitte-waarskuwing vir die sentrale en oostelike dele van die land uitgereik. Die hittegolf sal van vandag tot Saterdag duur.
Verskriklike warm en ongemaklike toestande sal oor Noord-en Oos-Kaap, asook Noordwes en die Vrystaat teenwoordig wees. Gauteng en Mpumalanga sal die naweek deur die hittegolf geraak word.
’n Brandgevaar-waarskuwing is vir groot dele van die Noord-Kaap, westelike dele van die Vrystaat asook die suidwestelike dele van Noordwes uitgereik.
Inwoners is gewaarsku om genoeg water te drink en, indien moontlik, binnenshuis te bly.
Bronne: Suid-Afrikaanse weerdiens, Facebook





