Hoërskoolleerlinge in ongeluk waarin twee persone sterf

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Nababeep-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat hoërskoolleerlinge Saterdag in ‘n ongeluk betrokke was. Twee persone het gesterf en drie is kritiek beseer.

Sers. Timothy Sam sê die ongeluk het op die Okiep/Nababeeppad gebeur. Voorlopige ondersoek dui op ‘n Toyota Avanza wat hoërskoolleerlinge van ‘n rugbywedstryd in Nababeep vervoer het. Die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor, waarna een insittende op die toneel dood verklaar is. Die bestuurder het ook later in Springbok-hospitaal aan sy beserings gesterf. Drie ander insittendes is ‘n ‘n krietieke, maar stabiele toestand in die hospitaal.

Sam sê die ondersoek na die omstandighede wat tot die tragiese verlies van lewens gelei het, duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief