Hoop neem toe vir klein Daniël ná byna verdrinking

Lees ook :

Foto: Marlize Janse van Rensburg

NOORDWES. – Daniël Janse van Rensburg (1) wys bemoedigende tekens van herstel nadat hy in ‘n kritieke toestand ná ‘n byna verdrinking in internsiewe sorg opgeneem is. Sy liggaamstemperatuur is stabiel en hy is van ‘n ossilator na ‘n ventilator oorgeskuif, ‘n stap wat die familie as ‘n belangrike verbetering in sy toestand beskou. “Vir ons is dit ’n wonderwerk,” sê sy ma. “Prys die Here met ons hele hart daarvoor. Ons kan absoluut God se hand in hierdie situasie sien.”

Marlize Janse van Rensburg, sê aan Nuusflits boonop toon sy infeksiemerkers daaglikse verbetering. As daar met hom gepraat word, beweeg hy sy kop en ledemate liggies. Hoewel sedasie vir Daniël weer aangepas moes word om hom stabiel te hou, sien die familie die positiewe gebeur. “Ons glo vas dat God reeds besig is met ’n wonderwerk in sy liggaampie.”

Dinsdag het Daniël ’n terugslag beleef toe sy bloeddruk en suurstofvlakke tydens pogings om sy temperatuur te stabiliseer skielik gedaal het, maar sy huidige vordering bring nuwe hoop vir sy familie. Die volgende belangrike stap is ’n MRI-skandering wat vir Woensdag beplan word om te bepaal of daar enige skade is. Sy familie glo dat die uitslag goed sal wees.

Hulle spreek hul dank uit teenoor die mediese personeel, veral die pediater, dr. Moshesh, wat deurentyd by haar pasiënte is en na hulle omsien. “Van die oomblik wat Daniël by die hospitaal aangekom het tot waar ons langs sy bed staan, het ons nog nooit soveel simpatie, omgee en ondersteuning beleef nie. Almal wil help. Almal baklei saam met ons.” Hulle vra die publiek om Daniël in hul gebede te hou, veral met die komende skandering, terwyl hulle glo dat sy herstelproses van wonderwerke sal voortduur. “Alle eer aan God.”

Daniël het op 17 April in ‘n swembad geval. Hy is tans in die pediatriese intensiewesorgeenheid in Mediclinic, Sandton. Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief