Hospitaal geskok oor ‘verkragtingsaanklag’ van tiener teen verpleër

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Netcare N17- privaat hospitaal het hulle skok uitgespreek nadat ‘n manlike verpleër (49) op aanklagte van verkragting van ‘n tienerseun (17) in die Nigel-landdroshof verskyn het.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê die saak teen die beskuldigde van Duduza is vir borguitspraak tot 5 Maart uitgestel. Die saak spruit voort uit die hospitalisasie van ‘n tienerseun in Augustus 2023. Die verpleër het hom glo na ontslag tuis besoek om mediese ondersteuning te bied en het hom na bewering ook seksueel aangerand en verkrag.

Nog ‘n jong man (19) het ‘n saak van seksuele aanranding teen dieselfde persoon geopen. Lede van die gemeenskap het die verdagte glo met verskeie seuns in sy motor opgemerk en op 12 Februarie gekonfronteer en by die polisie aangemeld. Die verdagte is gearresteer en het Vrydag vir ‘n formele borgaansoek in die hof voorgekom. Die uitspraak sal 5 Maart gelewer word.

‘n Verklaring is in dié verband uitgereik en sê die hospitaal se bestuur is geskok om van die kriminele aanklagte teen ‘n agentskap-verpleër, wat skofte by die hospitaal gewerk het, te verneem.

Dawid du Plooy, algemene bestuurder van die hospitaal, sê die hospitaal is ontsteld omdat, al is geen klagtes by die hospitaal aangemeld terwyl die individu by die hospitaal gewerk het nie, die voormalige pasiënt minderjarig is en ná sy ontslag steeds deur die verpleër gesien is. Toe die hospitaal van die aantygings bewus geword het, is verseker die verpleër keer nie na die hospitaal terug nie en die agentskap is ook in kennis gestel, sodat pasiënte by ander fasiliteite beskerm kan word.

Lees die volledige verklaring aan die einde van die berig.

Lees meer oor die insident hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief