Huiswerker in hegtenis na baba ontvoer is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Huiswerker is op 2 Mei in hegtenis geneem nadat ‘n baba (7 mnde.) die vorige dag in die Ilembe-polisiedistrik ontvoer is.

Kapt. Alex Thomson sê die huiswerker het die baba, met besittings en dokumentasie, saam met haar geneem. ‘n Ontvoeringsaak is by die Umhlali-polisie geopen en vir ondersoek na die Ilembe-GKS-eenheid oorgeplaas. ‘n Soektog is dadelik geloods. Die voorval is op sosiale media en plaaslike groepe geplaas en kort daarna is inligting ontvang die verdagte is met die baba in ‘n verlate gebied in Seatides opgemerk. Na spoedige optrede deur die polisie is die baba gered en met die familie herenig.

Tydens ondersoek is bevind die verdagte het die baba in ‘n vakansiehuis waar sy voorheen in diens was, weggesteek.

Die verdagte het gister op ‘n klag van ontvoering in die KwaDukuza-landdroshof verskyn. Borg is geweier en sy bly in aanhouding.

Genl.maj. Anthony Gopaul, die distrikskommissaris, het die eenheid vir die suksesvolle inhegtenisneming geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief