Hulp gevra om verdagte in polisiemoord op te spoor

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Die Valke vra die publiek se hulp om Prince Gift Mdluli op te spoor, sodat die moord op 16 Januarie op lt.kol. Piet Pretorius van Ermelo-VCIU opgelos kan word. Mdluli is ‘n verdagte in die moordsaak.

Lt.kol. Magonseni Nkosi sê ‘n lasbrief vir inhegtenisneming is vir Mdluli uitgereik. Volgens inligting is Mdluli laas in Berville, Howick en Umzimkhulu in KwaZulu-Natal gesien. Enigiemand wat weet waar Mdluli hom bevind, kan kapt. Jacob Ras by 082 462 0760 bel.

Vyf verdagtes wat glo aan die moord op Pretorius verbind word, is op 17 Januarie deur die Valke gearresteer. Hulle het op 20 en 27 Januarie in die Ermelo-landdroshof verskyn en het weer op 18 Februarie vir hulle borgaansoeke verskyn. Vier van die vyf verdagtes, ‘n voormalige polisiebeampte Mthobisi Nkosi (40), Aubrey Xaba (35), Skhumbuzo Skhakhane (40) en Nyiko Mujovo (30) het hulle borgaansoek laat vaar. Valencia Skhosana (36) sal op 27 Februarie met haar borgaansoek voortgaan.

Die verdagtes staan op aanklagte van sameswering om die moord te pleeg, moord, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, sowel as regsverydeling tereg. Die verdagtes bly in aanhouding en sal weer op 10 April in die hof verskyn.

Lees meer oor die ondersoek hier:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief