‘Huurmoordenaar’ vir polisiemoord gearresteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Beweerde huurmoordenaar van sers. Ntombi Mbanjwa (33), wat op 11 April 2024 gesterf het, is vanoggend vroeg (Donderdag) in Mpolweni, naby Pietermatritzburg, gearresteer. Die verdagte sal vir moord aangekla word en sal Vrydag in die Umzimkhulu-landdroshof verskyn.

Lt.kol Simphiwe Mhlongo van die Valke sê Mbanjwa was op die betrokke datum alleen tuis waar sy deur ‘n onbekende verdagte geskiet is. Sers. Ntokozo Mngqithi (34) het later die aand tuisgekom en op sy verloofde afgekom. Beide was by Umzimkhulu-polisiestasie gestasioneer. Die moordsaak is deur die Valke ondersoek, waarna Mnqithi op 25 November 2024 gearresteer is. Nadat Mnqithi vlugtig in die hof verskyn het, is die saak vir borgaansoek tot 3 Desember 2024 uitgestel en hy het in aanhouding gebly.

Mhlongo sê aan Nuusflits dit is die tweede verdagte in die saak en meer inhegtenisnemings gaan volg.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief