Ian Cameron sê ‘die polisie is waarskynlik die grootste verskaffer van onwettige vuurwapens’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

Ian Cameron sê die polisie is waarskynlik die grootste verskaffer van onwettige vuurwapens in Suid-Afrika.

Action Society se direkteur van gemeenskapsveiligheid het die stelling gemaak nadat ‘n polisiebeampte van Mitchells Plein in November 2023 vasgetrek is na daar na bewering 15 vuurwapens uit die SAP13-bewysstukstoor gesteel is.

Volgens Cameron is dit ‘n feit dat die polisie met plaaslike bendes in wapenhandel betrokke is.

In 12 jaar is 26 025 vuurwapens wat aan polisiebeamptes uitgereik is verloor of gesteel en kan daar nie rekenskap voor gegee word nie.

Cameron sê dit is veral ontstellend in Mitchells Plein waar bendeverwante-geweld aan die orde van die dag is en steeds erger word.

“The murder statistics from the police station indicates they are number 16 in the country and number 10 in the province, with 42 murders between July and September 2023. That is 14 murders a month.  This is 11 more than the same time in the previous year, and 16 more than the year before. Mitchell’s Plain is a gangster’s paradise, and we will never win the war while criminal police members are such an integral part of the problem. With that said, we salute the good cops for doing their jobs and hanging in there, despite the rotten apples around them” sê Cameron. 

Bron: Action Society Johann Badenhorst

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief