Studente-huis hou inwoners wakker

Lees ook :

‘n Studente-huis in Bodleystraat hou inwoners van New Park wakker in die aand. Volgens inwoners word daar tot net voor sonopkoms oor naweke partytjie gehou, geraas, geskree en baklei.

Die polisie is al ontbied, maar kan nie elke naweek uitgaan nie. Inwoners het by die Sol Plaatje-munisipaliteit navrae gedoen en Sol Plaatje het bevestig dat die buurt se inwoners kennis moes ontvang dat daar ‘n studente-huis ‘oopmaak”. Tot en met vandag het geen inwoner van Bodlystraat enige kennis ontvang nie.

‘n Inwoner, wat anoniem wil bly, sê: “Elke naweek word daar tussen 40 en 50 kratte drank daar ingedra. Dit raas verskriklik en raak eers om en by vieruur die volgende môre stil. Sesuur soggens begin hulle weer.”

Is jy ook in só ‘n situasie? Hou jou bure of iemand in jou buurt jou snags wakker? Stuur ‘n e-pos aan tania@find-it.co.za

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App