Is dit ’n sonde om in die Bybel te teken?

Lees ook :

’n Kunsklas wat van die Bybel gebruik maak as ’n medium om op te teken veroorsaak verdeeldheid op sosiale media.

Hierdie gier is baie gewild in Amerika waar dit as Bible art journalling bekend is. Volgens die webtuiste Faithgateway.com is die die maak van notas in die Bybel nie ’n nuwe verskynsel nie. Sommige Bybels word voorsien van ’n kolom waar die leser aantekeninge kan maak, maar die gekrabbel en geskets in Bybels word al meer gewild en gesien as ’n manier om die band met geloof te versterk.

So voel ons lesers

“Ek maak aantekeninge en onderstreep in my Bybel, maar sal nie teken nie.”

“As jy dit gekoop het, dan is dit jou Bybel. Jy kan doen daarmee wat ook al jou hart begeer.”

“Die Woord is Heilig wat in die boek is, maar dis net ‘n boek. Ek maak aantekeninge en onderstreep! Dis my boek. Hy word gebruik! Party mense se Bybels is so heilig, dit lê vol stof iewers op ‘n rak.”

“Nooit in my lewe sal ek ooit weer ’n Bybel vir iemand skenk nie.”

“Ek haat dit ook, by ’n bekende kunswinkel gesien, kan nie glo Bybels word so verniel nie.”

“Bible journalling is groot in Amerika. Sommige Bybels word vir daardie doel gemaak. Persoonlik sal ek ook nie self in my Bybel skryf nie. My ma het wel notas in haar Bybel gemaak en selfs haar gunstelingversies onderstreep en ingekleur. Ek kan dit net nie oor my hart kry om dit in my Bybel te doen nie.”

“Ek verstaan die ongelukkigheid, maar dis nie ons wat rekenskap gee nie. Dalk is dit die Here se manier om daardie persoon te kry om ’n Bybel oop te maak, wat hulle dalk nooit sou doen nie as dit nie vir die kunsklas is wat aangebied was nie.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App