ISRAEL. – Israel het beweer Hamas het nie Donderdag die liggaam van Shiri Bibas teruggegee nie. Die Israeliese weermag het gesê ‘n forensiese analise het bewys dit is nie haar liggaam nie.
Lees ook: Hamas oorhandig liggame van gyselaars
Israel het gesê die liggame van Bibas se seuns, Ariel (4) en Kfir (nege maande) is teruggegee, maar dat ‘n onbekende persoon se liggaam in die plek van hulle ma, Shiri, se liggaam oorhandig is.
Die onbekende persoon was nie ‘n Israeliese gyselaar nie.
Volgens Israeliese owerhede het ‘n forensiese ondersoek gewys dat Ariel en Kfir in November 2023 deur Hamas doodgemaak is na hulle in Oktober dieselfde jaar ontvoer is.
Israel het gesê Hamas moet onmiddellik die oorskot van Shiri en die oorblywende gyselaars oorhandig, en dat hulle die skietstilstandbepalings oortree het.
Bronne: IBTimes, DW – South Africa, ABC News
Lees ook: Hamas oorhandig liggame van gyselaars





