GAZA. – Israel het die ingang van alle humanitêre hulp na Gaza blokkeer ná Hamas geweier het om die eerste fase van die skietstilstand te verleng.
Lees ook: Israel wil eerste fase van skietstilstand verleng, Hamas stem nog nie in nie
Dit volg na Israel ingestem het tot die VSA se voorstel om die eerste fase vir Ramadan te verleng. Hamas het geweier en wil hê die tweede fase van die skietstilstand moet ingestel word sodat Israel uit Gaza kan onttrek en die oorlog beëindig kan word.
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gesê: “Israel sal nie ’n skietstilstand toelaat sonder die vrystelling van ons gyselaars nie. As Hamas aanhou weier, sal daar verdere gevolge wees.”
Hamas het gesê om die humanitêre hulp op te skort, is “goedkoop afpersing”.
Bronne: The Sun, CNN, BBC
Lees ook: Israel wil eerste fase van skietstilstand verleng, Hamas stem nog nie in nie





