Jannie Weideman tydens ‘plaasaanval vermoor’ – verdagtes vandag in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Jannie Weideman (59), ‘n boer van Ermelo, is op 21 Desember tydens ‘n beweerde plaasaanval doodgemaak.

Volgens kol. Donald Mdhluli sal vyf verdagtes wat van sy moord beskuldig word vandag in die Ermelo-landdroshof verskyn.

Mdhluli sê die oorledene se vrou was by ‘n familielid op Middelburg toe sy nie haar man telefonies in die hande kon kry nie. Sy het ‘n buurman gevra om ondersoek in te stel en die lewelose liggaam van Weideman is in die sitkamer ontdek.

Die polisie het Maandag tydens ondersoek drie verdagtes tussen die ouderdom van 23 en 34 vasgetrek en enkele ure later is nog twee verdagtes, onderskeidelik 35 en 37 jaar oud, Dinsdag vasgetrek.

Tydens die ondersoek het die polisie drie vuurwapens wat na bewering tydens die aanval gesteel is, sowel as ‘n vuurwapen wat glo in Mei 2022 op Piet Retief gesteel is, teruggevind.

Mdhluli sê daar word ondersoek of laasgenoemde vuurwapen tydens die plaasaanval gebruik is.

Vusumuzi Mandlazi (39) en Robert Shabalala (49) is vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem en het gister op die aanklagte in die Ermelo-landdroshof verskyn. Die polisie kan nie die moontlikheid uitsluit dat daar met verdere ondersoek meer aanklagte in verband met die plaasaanval teen hierdie twee verdagtes gevoeg kan word nie. Die twee bly in aanhouding terwyl die saak vir verdere ondersoek tot 15 Januarie uitgestel is.

Tydens die plaasaanval is ‘n geweerkluis, juweliersware ter waarde van meer as R300 000 en ‘n Toyota Hilux gesteel. Die voertuig is die volgende dag verlate en sonder ‘n battery op Breyten gevind. Tydens inhegtenisname is die battery in besit van een van die verdagtes gevind.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief