Jeug in Vaalharts onthul gerestoureerde monument

Lees ook :

AfriForum se jeuglede in Vaalharts het op Saterdag 24 Februarie 2019 die gerestoureerde Memorable Order of Tin Hats Caprara Shellhole-monument onthul.

Dié monument – ’n Bofors 40 mm-lugafweerkanon – is deur Old Bill W.H. White en lede van die Caprara Shellhole aan die munisipaliteit van Hartswater geskenk ter nagedagtenis van en erkenning aan alle oudweermagmanne en -vroue van die omgewing.

Vaalharts-tak se jeuglede, lede van die takbestuur en die gemeenskap het onderneem om die restourasie self aan te pak.

“Geskiedenis is vir ons almal van groot belang – dit help ons om uit die verlede te leer en ook om die helde van ons land, en veral die platteland, te gedenk,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Bo-Karoo.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief