Bekende paartjie se paaie skei

Lees ook :

Een van die gewildste paartjies in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf, Bouwer Bosch en Leandie du Randt, het Vrydag aangekondig dat hulle gaan skei.

Bouwer en Du Randt het albei ‘n verklaring op Instagram gedeel waarin hulle sê dat hulle beter vriende as huweliksmaats is. Hulle het dit ook duidelik gemaak dat hulle nie met die media gaan gesels oor die sensitiewe saak nie.

Die paartjie the in November 2015 in die Snowflake-gebou in Potchefstroom getrou, nadat hulle net minder as ‘n jaar tevore verloof geraak het.

Die paartjie het gereeld saam gewerk en was onder meer saam in die flieks Vuil Wasgoed en Thys en Trix te sien. Bouwer het bekendheid verwerf as hoofsanger van die Afrikaanse rockgroep, Straatligkinders, terwyl Leandie naam gemaak het as Ivanka Gouws in Binnelanders.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief